Make sustainability happen
February 21, 2019“Post- Covid” and environmental sustainability
July 2, 2020Sal die wêreld “post-Covid” meer volhoubaar funksioneer…Hoe gaan dit verander?
Die Volhoubaarheidsbeginsel (totale omgewingsbestuur) is al lank met ons en word uiteraard op verskillende interpretasies gegrond deur verskillende denkskole en ook globaal deur verskillende gemeenskappe en lande en politieke regimes
Daar is, veral tydens die verloop van die laaste 2 dekades, ‘n toenemend hoȅr premie geplaas op hierdie konstruk. Omgewingsbewustheid is besig om toe te neem volgens studies en as gevolg van ‘n groter aktivisme wêreldwyd waarvan die jeug ook meer by betrokke raak. Gretha Thunburg se “eskapades” is ‘n goeie voorbeeld. Daar word selfs verwys na ‘n sg. “eko-angs” wat die wêreld beetpak. Klimaatsverandering se gevare word daagliks vanuit alle oorde uitgebasuin deur wetenskaplikes en aangeblaas op ‘n daaglikse basis op alle media platforms. Die vordering wat gemaak sal word met volhoubaarheid sal steeds afhang van die wêreld politici se respons tot die pleidooie uit alle oorde vir ‘n beter aarde.
Benewens die bg. wat tot hierdie bewustheid lei, is die realiteit dat dit in die verlede as net nog ‘n tendens (“real normal”) van wêreldgebeure beskou was. Wat vinning verander het, is dat mense nou omgewingsprobleme toenemend “aan die lyf voel” – siektes, basiese lewensmiddele soos water, voedsel, energie, ens.
Dit wil voorkom of dit toenemend die geval sal wees, veral na ‘n pretbederwende “krisis”, soos tans, die mens laat stil staan vir ‘n wyle en benoud laat begin rondsoek na vinnige oplossings. Die “groot siekte” of “pan(ick)demic” het mense akuut bewus gemaak van hoe belangrik ‘n gesonde leefomgewing is
Om hierdie te vermag sal mense noop om altyd gou te kyk na wat die oorsaak en die effek en gevolge (cause and affect) hiervan kan en gaan wees op die lewe en die planeet se welstand en dit sal hopelik beteken dat die volhoubaarheidskonsep voortaan meer onder die loep kom